As jy weer ’n “goedkoop” vakansie in Engeland beplan (eintlik net om hallo te gaan sê vir die kinders na wie jy so verlang), wees op die uitkyk vir dié rare sleepsel: Die Sol Cinema is ’n piepklein woonwaentjie in Wallis wat ombou is in ’n “omgewingsvriendelike teaterhuisie”. Hy word reg oor die Britse eilande rondgesleep, en dit alles vir ’n goeie doel.