You Francophiles can work out what this magazine says about Sol Cinema. This is your new blog post. Click here and start typing, or drag in elements from the top bar.
0 Comments
Die volgende keer as jy ’n “goedkoop” vakansie in Engeland beplan om eintlik
net hallo te gaan sê aan die kinders na wie jy so verlang, kyk uit vir dié rare sleepsel. Die Sol Cinema is ’n piepklein karavaantjie in Wallis wat ombou is in ’n “omgewingsvriendelike teaterhuisie” en word wyd en syd op die Britse eilande rondgesleep; dit alles vir ’n goeie doel. Paul O’Connor is deel van dié geselskap en verduidelik: “Die idee agter die klein omgeboude karavaantjie is om mense te inspireer om self in te spring om onse planeet ’n beter plek te maak. Iemand het die 1972 Euro‐Camper‐karavaan aan ons geskenk. Die oorspronklike karavaan was ’n driebed 9 ft‐karavaan. Dié model was nog jare terug ontwerp vir die destydse Mini in 1965. “Drie plaaslike kunstenaars hier in Swansea het die karavaan onder hande gekry, en ₤20 000 later was dit ’n klein teatertjie. Ons sleep die Sol Cinema met ’n Volkswagen Transporter T4 na enige plek, of daar nou krag is of nie. Hy is nou toegerus met sonpaneelherlaaibare batterye. Dié batterye is van die soort wat in elektriese motors gebruik word en hou baie lank. Sol is Spaans vir “son”. “Ons is vier mense wat die teater beman: twee persone wat help met die kaartjies en plekke aanwys, ’n tegnikus en ek, wat help met die video‐projeksie. Ons wys kort 10-minute video’s in die teatertjie, juis temas wat ’n mens nie op alledaagse TV sien nie met merendeels ’n ekologiese aanslag. Een video is byvoorbeeld van ’n 12 000 km‐tog van ’n onderwyseres om mense bewus te maak van aardverwarming, ’n ander weer oor leef en leer in en uit die natuur. Jy sal nie glo nie, mense staan rye voor die karavaantjie om van die vertonings te sien. Die teatertjie kan agt volwassenes vat, alhoewel ons al 16 kinders op ’n keer ingeprop het! “Fees‐organiseerders ‘huur’ ons as geselskap en die feesgangers kyk dan gratis na ons vertonings. Ons het laasjaar 6 000 besoekers deur die deur gehad. Die opbrengs is op sy beurt ten bate van ons liefdadigheidsprojek, Undercurrents, ’n media‐kunste‐organisasie wat omsien na sosiale- en omgewingsbelange. Laasjaar was ons eerste jaar op die pad en buiten Wallis, het ons ook ’n draai gemaak in Ierland, Skotland en Engeland. “Ons mikpunt is om ’n groot “teatervloot” op die been te bring om uit te reik na mense om die aarde ’n beter plek vir almal te maak.” This is your new blog post. Click here and start typing, or drag in elements from the top bar.
Mobile, moving, pop-up and pop-in cinemas
http://electricfleapit.com/2011/01/23/mobile-moving-pop-up-and-pop-in-cinemas/ The Sol Cinema. Je zou ‘m alleen al op je trouwlocatie willen hebben staan vanwege het waanzinnig leuke uiterlijk van dit coole caravannetje, maar hij dient ook nog een doel: het is de kleinste bioscoop met zonnepanelen ter wereld. Incluis warme popcorn, comfy stoelen (okee: er kunnen maximaal 8 personen in en je zit nogal hutjemutje, maar zie het als een oefening in teamspirit) en twee assistenten in bijpassende outfits die de boel begeleiden. Zooo leuk! Terwijl jij je aan het omkleden bent (of andere bruiloftsachtige dingen doet), kijken je gasten Notting Hill.
Read more This is your new blog post. Click here and start typing, or drag in elements from the top bar.
|
Archives
December 2023
|